Bookmark and Share
Geskiedenis, Visie en Missie

Ons Visie

Hoërskool Wolmaransstad streef daarna om 'n trotse, gebalanseerde en verantwoordelike landsburger in 'n religieuse en landelike gemeenskap te ontwikkel. Daar word gestrewe om die beste Afrikaanse streekskool te wees.

Ons Missie

Hoërskool Wolmaransstad onderneem:

  • Om geluk en die besef van verantwoordelike eienaarskap in elke leerder, personeellid, ouer en die gemeenskap te vestig;
  • Om deur middel van dinamiese en kreatiewe kommunikasie ons waardes, beginsels, norme en standaarde aan elke rolspeler in ons invloedsfeer oor te dra;
  • Om die innoverende bestuursvaardighede in te span, ons personeel en al ons aktiwiteit deur tye van verandering te dra;
  • Om rolspelers in ons sorg se oordeelsvermoë, akademiese stand en vaardighede in kurrikulêre en buite-kurrikulêre bedrywighede tot nog uitnemender vlakke te ontwikkel. Derhalwe gee ons aandag aan die ontwikkeling van ons fisiese en menslike hulpbronne.
 
Nuusbrief/Blog
 
FNB Classic Clash 4 en 5 Mei 2012 te Hoërskool Schoonspruit

Gaan besoek ons foto galery vir alle aksie!!!

 

Beeld Trofee Rugby - 12 Mei 2012

Wollies vs Vryburg vanaf 07:30 tot laat.

...
meer


 
       
KFC

AMANDAPIX FOTOGRAFIE

       

Kwikwap Webwerf Konsultant: Retha


Besoekers tot datum: 125 Webwerf ontwikkel deur Kwikwap